Verlede maand
Bachelor gee nie vir Rikki ’n roos
TATTA: Rikki Brest is dié week huis toe gestuur in The Bachelor SA.  ~ Foto Verskaf

KOEBAAI, Rikki Brest!

Dié week moes ons koebaai sê aan die 34-jarige donkerkop nadat Marc Buckner, die bachelor, besluit het om nie vir haar ’n roos te gee in die 10de episode van The Bachelor SA nie.

Ek het nogal gedink dat sy een van die girls is oor wie Marc gek is.

Hy was aanvanklik baie opgerev met haar toe sy op die eerste aand in ’n posh sportmotor daar opdaag. Hulle het ook ’n paar weke gelede ’n lekker intieme soen gedeel en dit het gelyk asof Marc nie wil hê dit moet ophou nie.

Maar met verloop van tyd het Rikki begin moerig raak oor die hele situasie. Sy het gemeen Marc se mind moes teen dié tyd al opgemaak gewees het oor watter girl sy hart vinniger laat klop.

“Ek wil regtig nie weer negatief wees nie. Ek wil nie weer vir hom dieselfde ding sê nie.

“Hy is 36 jaar oud en as hy nie luister na wat ek sê nie, is daar geen nut daarin om my die heeltyd te herhaal nie,” het sy gesê.

Dit was amper asof Rikki geweet het dat sy hierdie week huis toe gaan, want sy het hom weer mooitjies op sy plek gesit tydens die cocktail-paartie.

“Ek gaan nie smeek nie. Ek gaan nie speletjies speel nie. As jy tyd saam met my wou deurbring, dan het jy.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters