26 dae gelede
Arnold is hêppie om terug te wees
verlore seun: Arnold Vosloo sê dis goed om weer in sy vaderland te wees.Foto: CHANNEL24  ~ 

ONS verlore film-seun is terug in Mzansi!

Dit is nou al meer as 30 jaar sedert die bekroonde akteur Arnold Vosloo sy gesig in ’n Afrikaanse fliek gewys het en hy vir ’n tydjie terug in Suid-Afrika is.

Donderdagaand het die briljante rolprent Griekwastad by die Silwerskermfees in die Bay Hotel in Kampsbaai gedraai.

Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van ’n tienerseun wat sy gesin afgemaai het.

Arnold vertolk die hoofrol in die fliek. Hy speel die speurder Dick de Waal, wat die raaisel rondom die Griekwastad-moorde moet oplos en moet sorg dat die moordenaar agter tralies kom.

Arnold was lank uit ons sonskynland, maar wat is die dinge waarna hy die meeste verlang het?

’n Gemmerbier-koeldrank en ’n Bar One-tjoklit.

Ek lees op Channel24 dis die eerste goed wat die akteur wou gehad het toe hy in Mzansi geland het.

Hy verduidelik dis goed om weer in sy vaderland te wees.

“As ek hier wakker word, hoef ek nie die TV of radio aan te sit om te voel, hoor en sien hoe die weer gaan wees nie.

“Ek voel dit, want ek is deel van die plek. Jy weet wanneer dit koeler of nat gaan wees of wanneer daar reën op pad is. Jy weet net.

“Ek ervaar dit nie in die Verenigde State nie. Ek is ’n vreemdeling. Ek moet die TV aansit om die weervoorspelling te kyk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters