20 dae gelede
Ariana se Jim-droom word waar
oulik: Dit was ’n droom van Ariana Grande om Jim Carey te ontmoet. Foto: instagram  ~ 

SELFS Ariana het ’n fan girl moment gehad toe sy die supersnaakse filmster Jim Carey ontmoet het.

Die “Thank You Next”-sangeres is ’n groot fan van Jim. Sy spog selfs met ’n tatoe van ’n quote uit haar gunsteling-fliek, The Truman Show, van die akteur.

Ek lees op Channel24 die klein sangeres met die groot ponytail was een van Jim se gaste in sy show, Kidding. Sy is toe ’n kans gegun om saam met haar idol te werk.

Sy het op haar Instagram ’n foto van hulle twee ge-post en by die foto skryf sy hoe wonderlik die ervaring was.

“Ek is dankbaar vir die spesiaalste oomblik in my lewe. Niks is crazier as om te werk en tyd te spandeer saam met iemand wat jy idolise vandat jy ’n kleintjie was wat nog nie eens kon praat nie.”

Ari voeg by dat Jim Carey ’n heel gawe mens is.

“Wat eintlik nog crazier is, is wanneer jy ontdek dat daai persoon meer spesiaal en warmer is in die werklikheid as wat jy ooit kon imag­ine.”

Dit lyk asof die sangeressie steeds nie haar luck kan glo nie.

“Dit was ’n droom van ’n ervaring!” laat hoor sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters