Verlede maand
Arendsvlei sprei gou weer vlerke
Opgewonde: Jarrid Geduld sal in Arendsvlei se reeks 2 te sien wees. foto’s vERSKAF  ~ 

HOPE opwinding wag in Arendsvlei se tweede reeks, wat volgende maand begin.

Nadat kykers maande daarvoor gevra het, is aan hulle versoek gehoor gegee.

Die reeks sprei sy vlerke met ’n hele paar nuwe gesigte wat op die kassie gesien gaan word.

Die nuus is Woensdagoggend bekend gemaak, kort voordat die gewilde telenovelle die einde van sy eerste reeks bereik.

Een van die nuwe gesigte is die ou wat ons ken as “Abie Pakkies”, wat sy verskyning sal maak.

Jarrid Geduld, wat te sien is in die fliek Ellen: Die Storie van Ellen Pakkies, is een van die nuwe gesigte in Arendsvlei.

Geduld sê dis ’n groot eer vir hom om deel te wees van die storielyn.

“Ek is baie bly ek het die geleentheid gekry,” vertel Geduld opgewonde.

Hy sê dis iets waarvan hy wil deel wees oor die belangrike onderwerpe waaraan hulle raak, soos die maatskaplike kwessies waarmee ons mense elke dag moet deal.

Geduld gaan die rol vertolk van ’n 24-jarige laitie van Mitchells Plain.

Hy beskryf ook sy karakter as baie “rocky” en iemand wat in sy pa se skaduwee beweeg – sy pa is ’n dik ding in die dwelmbedryf.

So, kykers kan uitsien na lekker drama in reeks 2 van hulle gunsteling-telenovelle.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters