Verlede maand
Angie laat geld praat in dié tyd
Angelina Jolie
Angelina Jolie  ~ Getty Images

ANGELINA Jolie moedig almal aan om in dié moeilike tyd op mekaar in te check en mekaar lief te hê.

Die Maleficent-aktrise het saam met dr. Nadine Burke Harris, mediese hoofbeampte in Kalifornië, in ’n video gepraat oor veral hoe huishoudelike geweld die hoogte inskiet tydens grendeltyd.

Die mammie van ses laat hoor: “Ek dink dit is belangrik dat mense dit hoor. Om mekaar lief te hê en in te check op mekaar. Wees daar vir mense. Ondersteun mekaar. Hou jou oë oop, maak nie saak of jy ’n onderwyser of ’n vriend is nie.

“Ek hoop regtig mense hoor dit en reik na ander uit. Ek hoop nie hulle dink dis sake wat hulle nie aangaan nie.”

Sy verduidelik verder die skole is tans toe en onderwysers kan nie nou sien as hulle leerders kneusplekke van houe het nie.

Geskenk

Angie (44) is nie net een wat praat nie, sy voeg sommer die daad by die woord.

Laas maand het sy $1 miljoen (sowat R18 miljoen) geskenk aan die organisasie No Kid Hungry. Dié organisasie gee kospakkies aan kinders wat voor die grendeltyd daagliks staatgemaak het op die voedsel wat hulle by die skool kry.

Ek sien op Channel24 sy werk ook saam met die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) om aanlyn onderwys meer toeganklik te maak vir leerders wêreldwyd wat tydens die pandemie van die huis af moet leer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters