15 dae gelede
Angela steel die limelight nog op 61
pragtig: Angela Bassett word net mooier by die dag.Foto: getty images  ~ 

IN 1998 het die pragtige Angela Bassett in die movie How Stella Got Her Groove Back gespeel.

Dis nou 22 jaar later en die aktrise het dit steeds.

Die 61-jarige ster was die week by die Fox Winter TCA All Star Party wat gehou is by die Langham Huntington in Pasadena, Kalifornië.

Krulhare

Sy het behoorlik die shine gevang toe sy in ’n swart jumpsuit by die gala opgedaag het. ’n Wit strapless top onder die jumpsuit het haar ’n avant-garde look gegee.

Haar krulhare het tot op haar skouers gehang.

Ander sterre wat die aand in die limelight was, is Jenna Dewan, Jenny McCarthy en Liv Tyler.

Die aand is gehou om nuwe projekte en TV-reekse vir die jaar bekend te stel. Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters