2 maande gelede
Alton pluk die vrugte
talentvol: Alton Zakay gaan Uitenhage aan die brand sing. Foto verskaf  ~ 

DIE gospelsanger Alton Zakay van die windy city, Port Elizabeth, reik binnekort sy eerste album uit.

Zakay, wat bekend is vir sy treffer “Sterk Toring”, is baie opgewonde en vertel “met harde werk sal jy die vrugte pluk”.

“God wat alles ken” is die nuutste single wat Alton saam met die gospelsangeres Charisma Hanekam opgeneem het.

Die co-producer op die nuwe album, met dieselfde naam as sy treffer, Sterk Toring, is die talentvolle Brynne Bailey.

Waai

Zakay sê: “My ma het ’n babadogtertjie van twee maande op ’n vullishoop ontdek en vandag is sy vyf jaar oud. Sy het diep in ons harte gekruip.

“Dis hoekom ek die lied Sterk Toring geskryf het. Toe die winde van die lewe sterk waai, was dit die Here wat my staande gehou het.”

Die sanger, wat eersdaags voltyds in die musiekbediening gaan, is baie opgewonde oor die nuwe episode wat aangebreek het in sy lewe.

Zakay het ag jaar lank by Ford gewerk, maar nou is dit vir hom belangrik “om in gehoorsaamheid te wandel omdat God hom geroep het om dit te doen”.

Die gospelsangers Neville D en Smokie Norful se musiek is vir Zakay ’n inspirasie.

“Dit gaan alles net oor die Here en nie die fame nie.”

Toe Zakay 12 jaar oud was, het hy by sy aunty Coleen Mahoney gaan bly wat soos ’n ma vir hom was.

“Dis nou twee maande dat sy nie meer met ons is nie en die hartseer is nog daar. Die vrede van die Here dra ons deur die rou tyd, maar ons het berusting kom vind.”

  • Zakay se konsert “Sterk Toring in die Pinkstertyd” vind op 6 Julie in die Allanridge-gemeenskapsaal in Uitenhage plaas. Dit begin om 18:00 en kaartjies kos R100.

Die gaskunstenaars is onder andere Daniel Wabanie, Elsimio Smith, Humencia van Gent, Roland Miggels, Jonathan Rubain en Jessie Lottering.

Vir inligting, kontak Carmy Jagger by 071 7781 331.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters