15 dae gelede
Alles was net te veel vir paris
rede: Paris Hilton het uiteindelik gepraat oor die split met haar verloofde. Foto: PINTEREST.com  ~ 

WEL, ek kan nie glo ek skryf nog oor haar nie, maar onlangs het sy gekeer dat ’n ou bestuur wat dronk geraak het by haar party.

So miskien het Paris Hilton­, wat destyds maar taamlik wild was agter die stuur, nou ’n bietjie volwasse geword.

Paris het nou uiteindelik gepraat oor die breakup met die The Leftovers-akteur Chris Zylka.

Sy het onlangs die engagement verbreek.

In ’n interview met The Talk het sy erken dit was just too much too soon.

Paris sê as sy verlief raak, doen sy dit vinnig en innig. Sy sê dit was eintlik ’n whirlwind romance.

Sy erken sy is haar lewe lank obsessed met Disney-stories en love stories en het gedink dié sal haar happy ending wees.

Maar sy het later gekliek dit was nie die regte besluit nie.

In ’n ander interview met Gay Times voordat hulle gesplit het, het Paris gesê haar loopbaan is haar number one priority en sy gaan haar lewe voluit lewe.

Jou gesê miskien het die girl ’n bietjie grootgeword ná haar wild child-jare.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters