17 dae gelede
Akteurs weer op stel
GEMASKER: Cindy Swanepoel en Zak Hendrikz van Binnelanders leer hul lyne.  ~ Foto Verskaf

DIE TV- en filmbedryf is te midde van die corona-krisis stadig maar seker besig om in produksie te gaan.

In die lig van sekere inperkings tesame met streng reëls en regulasies het ’n nuwe manier van ver­filming meegebring.

Denise Newman, wat onlangs by vanjaar se Safta-toekennings as die beste aktrise in ’n sepie aangewys is, is opgewonde om weer op die stel te wees.

Veilig

“Dit is regtig wonderlik om terug te wees by Suidooster, want ons is soos ’n familie en as jy nie jou familie sien nie, dan mis jy hulle.

“Om terug te wees by die ateljee gee ons die kans om weer ons stories te vertel – veral omdat ’n sepie ook vir kykers soos familie is.

“Boonop voel ons regtig veilig, want die vervaardiger het streng maatreëls en regulasies in plek gestel, soos ’n mediese beampte aan diens wat elke dag onder meer ons temperatuur meet.”

Binnelanders, Getroud met Rugby , Suidooster en die telenovela Arendsvlei het aan die begin van Mei weer met opnames begin.

Daar is streng gesondheids- en sekuriteitsmaatreëls ingestel kragtens die vereistes van die regering, die vervaardigers, kykNET en die bestuur van die ateljees. Geen oortollige mense (soos agtergrondspelers) word toegelaat nie.

Die sepievervaardigers, in samewerking met die skrywers en regisseurs, gaan uit hul pad om die kyk-ervaring so geloofwaardig moontlik te hou.

Dié kanaal se skedules word in kwartale verdeel, wat beteken dat nuwe programme in Julie sal begin. Die volgende siklus begin in Oktober. Die skedules word tans gefinaliseer en ’n aankondiging hieroor sal volgende week gemaak word.

SPUIT-SPUIT: Die Suidooster-voertuie word ontsmet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters