3 maande gelede
AKA nou lus vir Cassper
wil baklei: AKA sê hy kan miljoene maak as hy Cassper Nyovest in die bokskryt klop.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

AS DIT van AKA afhang, dan klim hy en Cassper Nyovest, sy aartsvyand, sommer môre al in ’n bokskryt en baklei dinge uit.

Die rapper van “Fela in Versace” skel in ’n rits twiets dat Cassper die dokumente moet teken sodat hulle twee se boksgeveg finaal kan wees.

Die boksgeveg is AKA se idee. Hy wil hê dit moet so gou moontlik vasgemaak word.

Dit lyk nie asof Cassper gretig is om “SupaMega” se uitdaging te aanvaar nie. AKA praat van miljoene rande wat hy kan wen ...

Kinderagtig

Dinge tussen die twee local rappers raak so lelik dat hulle nou al mekaar onder die broek begin uitskel.

Oukei, dis eintlik net AKA wat so kleinlik en kinderagtig is om so laag te daal. Hy twiet: “Ek gaan jou gevreet pap slaan voor jou familie.

“Teken die kontrak en hou op saam met my praat deur die sosiale media.”

En toe dit nie werk nie, toe daal AKA laag – baie laag.

“Hy (Cassper) gebruik te veel steroïede ... Daar loop stories dat sy penis klein is. Dis wat ek by ’n hele paar meisies gehoor het.”

Asof dit nie genoeg is nie, skel AKA verder: “Sy hele familie kan my penis kom suig.”

Eish, AKA, jou dogtertjie, Kairo, sal nou mos nie meer op haar derra trots kan wees nie.

As AKA en Cassper deur die toue moet klim, op wie sal jy jou geldjies waag?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters