2 maande gelede
Afrika is Archie se voorland
huis toe: Dit gons dat prins Harry en Meghan klein Archie na Afrika gaan bring. Foto: getty images  ~ 

ONS kan dalk binnekort ’n kleine koninklike in ons midde hê.

Daar is sprake dat die hertog en hertogin van Sussex hulle kleine Archie Harrison Mountbatten-Windsor hier in Afrika gaan kom grootmaak.

Prins Harry en Meghan het mos hulle koninklike kleintjie op 8 Mei vir die wêreld gewys.

In April het The Sunday Timesberig dat Harry en Meghan, wat nou kort by Frogmore Cottage ingesettle het, binnekort Afrika toe kom vir ’n langerige tydjie.

Herinneringe

Die Business Insider het ook oor dié gerugte geskryf: “Die trip word gesien as die moontlike begin van ’n baie langer stay hier in Afrika.”

Die koninklike paar het nog altyd ’n spesiale verhouding saam met Suidelike Afrika gehad. Een van hulle eerste dates was in Botswana en hulle het destyds matching bracelets, wat in Suid-Afrika gemaak is, gedra.

Dit maak net sin dat hulle hul kind se eerste vormingsjare hiér sal wil deurbring, waar daar so baie goeie herinneringe is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters