9 dae gelede
Wynbedryf voel droogte
Suur druiwe: Die droogte eis sy tol. Foto: WIKImedia  ~ 

DIE drie jaar lange droogte in die Wes-Kaap het die wyn­bedryf swaar getref.

Aanduidings is dat die oes dié jaar nog swakker gaan wees as die swak een verlede jaar.

Anton Smuts, die voorsitter van Vinpro, ’n maatskappy sonder winsbejag wat sowat 2 500 wynprodusente verteenwoordig, het Woensdag gesê dis nogal skokkend.

Smuts sê: “In die Worcester-omgewing is ’n goeie oes verwag, maar toe hulle begin oes, was hulle ver uit.

Dieselfde geld vir die Robertson- en Olifantsriviergebied.”

Hy sê die oestyd het nou eers begin en die situasie kan verander wanneer boere in ander gebiede begin oes, maar die vroeë aanduidings is kommerwekkend. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters