13 dae gelede
Waterbeperkings se level moet verander
 ~ 

MET die spook van Dag Zero wat nou well and truly begrawe is, kan Kapenaars nie blameer word as hulle wonder wanneer die streng waterbeperkings opgehef gaan word nie.

Kapenaars moes maande lank dieselfde waterbesparingsgesangetjie hoor.

Ja, ’n groot krisis het ons in die gesig gestaar. Maar dit is afgeweer.

So, hoekom moet dan nog vir die ekstra waterheffings opgedok word?

Met die land wat weer met resessie gaan skoor soek het, sal die ekstra geldjie in Kapenaars se beursies handig te pas kom.

Niemand kyk meer dieselfde na water nie en die kanse is skraal dat mense sommer van die Dag Zero-spook sal vergeet en weer water gaan mors asof dit uit die mode gaan.

Die Stad Kaapstad het ’n beroep op die nasionale departement van water en sanitasie gedoen om die beperkings ’n bietjie te verlig.

Maar volgens dié departement wil hulle nog eers die kat uit die boom kyk.

Intussen reën dit steeds lekker katte en honde en begin ons damme weer lyk soos die damme van ouds.

Toegegee, ons het nog ’n lang pad om te stap en ’n katastrofe kon dié keer afgeweer word.

Maar hopelik gaan nou in alle erns en haas gekyk word na inisiatiewe om ons waterbronne te secure. Hopelik nie planne wat daarop gemik is om die reeds vuisvoos belastingbetaler verder te beneuk nie.

So, nou moet die Stad Kaapstad en die nasio­nale departement van water en sanitasie net tafel toe kom.

Moenie so wees nie, man. ’n Dankie is nie goed genoeg aan almal wat hulle deel gedoen het om water te bespaar nie.

Laat Kapenaars ’n slag hierdie dankie aan hulle sak voel!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters