2 maande gelede
Water is ’n kopseer vir backyarders
Mors: Ruben Botha van Ravens­mead wys die kraan wat al maande lank aanmekaar loop.  ~ Leon Bonthuys

BACKYARDERS van Ravensmead sukkel lank om water te kry omdat die krane so stadig loop.

Die backyarders kry elk 200 F water per dag en hulle het hulle eie sleutels wat by die krane gebruik kan word.

Die krane is in die lane waar die backyarders hulle water gaan haal vir drink, kook en was.

Maar baie van die krane is stukkend en werk nie. By ander loop die water stadig uit.

Hulle sê ook veral as die wind waai, waai daar vuilgoed in hulle drinkwater in en soms is die rye baie lank.

Maar terwyl hulle met sommige krane sukkel, is daar een kraan in 15de Laan wat volgens inwoners sedert November aanmekaar loop omdat dit stukkend is.

Een inwoner sê dis nog oukei in die dag, maar in die nag wanneer niemand water tap nie, loop die water eenvoudig weg.

Afgesit

’n Woordvoerder van die Stad Kaapstad het gesê hulle is besig met ’n ondersoek na die saak en sal later antwoord.

Johanna Cloete (77) van Ravens­mead sê ’n watermeter is by haar ingesit, maar sy kan net 04:00 in die oggend water kry, dan word dit weer afgesit.

Sy skuld amper R25 000, maar sy sê sy betaal wanneer sy kan en sy is ’n pensionaris sonder werk.

Ian Neilson, mayco-lid vir finansies, sê hulle moedig mense wat afhanklik is van pensioene aan om aansoek te doen om spesiale afslag­pakkette.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters