Verlede maand
Vroue in landbou kry erkenning
doen dit stapsgewys: Jeanne Groenewald (tweede van links) is aangewys as die voorste vroulike entrepreneur in verwerking.Foto’s: MELINDA STUURMAN  ~ 

VROUE van die Wes-Kaap het behoorlik geskitter op die provinsiale departement van landbou se Vrou­like Entrepreneur van die Jaar-toekenningseremonie.

Dié glansgeselligheid is vroeër die week op die Vredenheim-wynlandgoed buite Stellenbosch aangebied.

Marta Klein van die plaas Baakens­rug in die Sentraal-Karoo is aangewys as die beste vroulike werker in die landboubedryf.

Oor dié toekenning sê Klein: “Dis my droom om eendag ’n vleis­inspekteur te word sodat ons plaas meer produktief kan wees en ons produkte aan groter winkels kan verkoop.”

Magdalene Campbell van Mitchells Plain is as die beste bestaans­boer aangewys.

Betaal

Campbell bestuur die Beacon Garden-tuinprojek waarin hulle ’n verskeidenheid groente en kruie verbou.

Campbell sê dié groente en kruie word dan verkoop om die tuin­werkers te betaal en om die tuin te onderhou.

doen dit stapsgewys: Jeanne Groenewald (tweede van links) is aangewys as die voorste vroulike entrepreneur in verwerking.Foto’s: MELINDA STUURMAN
top-raakvatter: Marta Klein van die plaas Baakensrug in die Sentraal-Karoo is aangewys as die beste vroulike landbouwerker in die Wes-Kaap.
DARRYL JACOBS
ontluikende landbouer: Liebre Jacobs (tweede van links) van Piketberg ontvang die ministeriële toekenning vir jong vroulike entrepreneur van die jaar.
van die ‘plot’: Die mooie Leandre Mitchley (tweede van regs) is aangewys as die vroulike top-entrepreneur in kleinhoeweboerdery. Hier pronk sy saam Alan Winde (links), Nomafrench Mbombo, LUR vir gesondheid, en die hoof van sy departement, Joyene Isaacs (regs).

Sy sê dis haar droom om leerders van verskeie skole by die projek te betrek om ’n passie vir tuinmaak by hulle aan te kweek.

Die ander wenners is:

  • Jeanne Groenewald (verwerking);
  • Leandre Mitchley (top-entrepreneur in kleinhoeweboerdery); en ) Liebre Jacobs (ministeriële toekenning vir jong entrepreneur van die jaar).

Die prysgeld is R100 000 en R25 000 vir naaswenners.

Darryl Jacobs, die provinsiale adjunk-direkteur van landbou, ontwikkeling en ondersteuning, het in sy toespraak gesê hy glo vroulike entrepreneurs stel ’n voorbeeld van hoe die land kan groei.

Jacobs sê: “Sonder vroue kan ons nie die land ontwikkel nie.

“Ons het naas Kosovo die tweede grootste werkloosheidsyfer onder jong mense­ in die wêreld.”

Jacobs is optimisties en sê egter hy glo dat dié probleem opgelos sal word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters