Verlede maand
Vrou klou aan deposit, sê ou
gee: Xolisile Mathoba sê hy soek sy geld. FOTO’S verskaf  ~ 

’N TAXIDRYWER is glo deur ’n car dealer ingeloop en kan nou nie sy deposito uit haar kry nie.

Xolisile Mathoba van die Strand sê hy sukkel al vir byna twee maande om sy geld uit Belinda­ Olivier van die handelaar You Park, We Sell in Gordonsbaai te kry.

Mathoba sê hy het die Mercedes-Benz Sprinter-taxi in Mei vanjaar by die dealer sien staan.

“Toe ek die taxi sien, het ek sommer onmiddellik van dit gehou en gaan vra wat die prys is,” het Mathoba vertel.

Volgens hom het Olivier na hom toe gekom toe hy by die plek in die rigting van die taxi loop.

Olivier het gesê die volle prys van die taxi beloop R299 000 en Mathoba kan ’n deposito van R20 000 in hul bankrekening betaal.

Volgens Mathoba is alle dokumente toe ingevul en onderteken.

Mathoba sê hy het toe die deposito in harde kontant in Olivier­ se hand gedruk.

Olivier het toe volgens hom ’n kwitansie gegee en gesê dat hy die volgende dag die taxi maar kan kom haal.

“Toe ek die next dag my taxi wou gaan haal, het Belinda gesê daar het probleme met die finansiering opgeduik en sy sal dit moet uitsorteer.”

Toe hy weer terug gaan, het Olivier gesê dat dinge nog nie met die taxi uitgesort is nie en dat hy maar weer die volgende dag moet kom.

“Toe ek weer terug gaan, het sy toe baie ander stories,” vertel ’n omgekrapte Mathoba aan Son op Sondag.

Volgens hom het hy toe aan Olivier gesê dat hy die transaksie wil kanselleer en sy deposito terug wil hê.

Mathoba sê Belinda het egter geweier en hy het haar toe met die polisie gedreig. Volgens Mathoba het hy daarna ’n verklaring by die polisie gaan aflê.

Die polisie het ook ’n verklaring by Belinda afgeneem waarin sy beloof dat sy Mathoba se deposito terug sal betaal.

“Dit is nou byna twee maande en Belinda het nog steeds nie my geld teruggegee nie,” moan Mathoba.

Ná vele telefoonoproepe en e-pos het Olivier nie op ons navrae gereageer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters