14 dae gelede
Veewagter se lyk gevind
gevind: Gert “Oudeman” Watt se lyk is ná ses weke gevind. Foto verskaf  ~ 

DIE lyk van ’n vermiste veewagter is onlangs ná langer as ’n maand gevind.

Gert “Oudeman” Watt se lyk is Donderdag gevind, sowat 15 km van die plek waar hy vroeër as ’n veewagter gewerk het.

Al kan Gert se bedroefde familie nou ’n soort closure kry, sit hulle steeds met vrae.

Vrae soos hoekom niemand voorheen rekenskap van hom kon gee nie. En waarom die polisie nie ten volle hulle samewerking gegee het om na hom te soek nie.

Gert het as veewagter gewerk.

Hy het op 10 Februarie van ’n plaas in die Witbank-omgewing naby Pella verdwyn, het sy familie toe vertel.

Nou, ná byna ses weke, het hulle closure.

Oor sy klomp skape, wat tydens Gert se werksaamhede op die plaas verdwyn het, het die plaasboer Gordon de Jongh gesê hy sal dit eerder maar daar los.

“Almal ken my dat ek nie so ’n mens is om dit teen hom te hou nie,” laat hoor De Jongh.

Lykskouing

“Ek het ook nie ’n saak hieroor gemaak nie. Inteendeel, ek is bereid om die familie met die begrafnisreëlings te help, soos ek met ander ook al gedoen het.”

Daar is op die oorledene se lyk afgekom terwyl daar na hom gesoek is, het sy broer, George, vertel.

“In dié stadium lyk dit asof dit ’n natuurlike dood kon wees. Ons gaan teen Dinsdag, ná die lykskouing, presies weet waaraan hy werklik dood is.”

Volgens die cops op Pella is hulle ’n klein stasie, maar het hulle alles gedoen wat hulle kon doen.

Die feit dat ’n helikopter of die honde-eenheid nie opgedaag het nie, is buite hulle beheer, het hulle laat weet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters