3 jaar gelede
Uithaal van Jacobs skok gemeenskap
beswyk: Russel Jacobs is in die hospitaal dood. Foto: Facebook  ~ 

’N VERMEENDE bendelid het gister aan sy wonde beswyk nadat hy Vrydag geskiet is.

Russel Jacobs (39), wat ook glo met perlemoen gesmokkel het, is Vrydag omstreeks 17:50 in Forest­rylaan, Blue Downs, ­gewond.

Jacobs is in die hospitaal opgeneem waar hy beswyk het.

Die rede waarom hy geskiet is, is nog nie bekend nie.

Jermaine, sy seun, het sy pa nog op 17 Januarie op Facebook geluk­gewens met sy verjaardag. Sy post lui: “Veels geluk aan my pa. Woorde kan nie beskryf hoe baie jy vir my beteken nie en dankie dat jy altyd vir my ’n inspirasie is.”

Jacobs is oorspronklik van Belhar en was ook betrokke by die klopse-groep Mother City Enter­tainers.

Bemoedigende Facebook-boodskappe vir sy familie het ingestroom.

Vrede

Happy Sounds Youth Development se post lui: “Ons meegevoel is met die Jacobs-familie en Mother City Entertainers met die verlies van Russel Jacobs. Gone too soon, maar nie vergete nie. Rus sag. A man in a million.”

Kurt Reynolds post: “Rus in vrede, mnr. Russel Jacobs. Jy sal gemis word, brother. One of a kind.”

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê: “Ons kan bevestig ’n man is gister omstreeks 17:50 in Forest-rylaan, Blue Downs, geskiet en gewond.

“Hy is in die hospitaal opgeneem waar hy beswyk het.

“Die identiteit van die slagoffer kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie.

“Die omstandighede rondom die geval word ondersoek en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die motief is onduidelik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters