Verlede maand
‘Tyd dat NSFAS se baas pad vat’
hou dik: Khaya Xaba, ’n Nehawu-woordvoerder, sê die NSFAS se CEO, Steven Zwane, moet loop.Foto: anele mfazwe  ~ 

DIE ou in beheer van die finansiering van arm studente moet uit sy job gehaal word.

Die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu) is op dié mission. Dit is sedert dit bekend geword het die beursgeld van duisende studente landwyd is nog nie uitbetaal nie.

Lede van Nehawu is sedert 12 Augustus agter Steven Zwane, die CEO van die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS), se bloed.

Nehawu het Zwane toe vyf dae gegee om te waai.

Khaya Xaba, ’n Nehawu-woordvoerder, pak die skuld vir dié krisis alles op Zwane.

’n Beplande betoging in Kaapstad het egter nie Vrydagoggend voortgegaan nie.

Zwane het teruggekap en gesê as werkers wil betoog, moet hulle dit net in lunch-tyd doen.

Xaba sê dis net ’n taktiek om hulle beroep om Zwane se bedanking te laat ontspoor.

“Dit skrik ons nie af nie. Dit spoor ons aan om te verseker dat Zwane loop. Ons het ware eise en ons beroep vir sy bedanking is ’n positiewe stap in die regte rigting.

“Met hom aan die stuur van die skema gaan die opvoeding van kinders van die werkersklas daaronder ly.

“Ons moet onthou, die jeug is ons toekoms en ook ons toekomstige leiers. As jy nie in hulle belê nie, dan is die land gedoem.”

Aantygings

’n NSFAS-woordvoerder, Kagi­sho Mamabolo, sê die betoging sou nie wettig gewees het nie omdat Nehawu nie toestemming daarvoor by die Stad Kaapstad gekry het nie.

Mamabolo stem nie saam met aantygings dat die NSFAS in ’n krisis is nie.

“Nie eens die minister van hoër onderwys en opleiding, Naledi Pandor, wat ook die uitvoerende hoof van die NSFAS is, sê so nie.”

Xaba sê Nehawu is met geen keuse gelaat as om druk op Zwane te plaas om uit sy job pad te gee nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters