16 dae gelede
Talle sing saam teen geweld
Felicia Marion en Gregory Noble sing die liedjie “Paradise Road”.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

DIE Healing Worship Experience wat laas Sondag plaasgevind het, het baie harte diep geraak.

Die konsert was ’n dedication aan die beweging teen geweld teen vroue en kinders op die Kaapse Vlakte.

Die legendariese sangeres Felicia Marion van die popgroep Joy uit die 1980’s was ’n spesiale gaskunstenaar op die konsert.

Marion het hartroerende ge­tuienis met die gehoor gedeel en die bekende liedjie “Paradise Road­” gesing.

Die sangeres sing deesdae gospel. Sy glo as ons as gemeenskap hande vat, ons in vrede met mekaar kan saamleef.

Die gospelgroep Divine Pur­pose het op sy beurt sy treffer “Ek Het Hoop” opgevoer.

Vashou

Die atmosfeer was gevul met soveel vreugde dat jy die tasbare teenwoordigheid van die Here kon aanvoel.

Die groepleier, Craig Pienaar, se bemoediging aan alle Suid-Afrikaners is dat ons in die moeilike tye kan vashou aan ons hoop in Christus.

“Aan dié wat geliefdes verloor het, weet, julle is nie alleen nie en ons gebede is saam met julle.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters