10 maande gelede
‘Sy was ’n ma-figuur’
OMGEE: Patricia de Lille is iemand met ’n hart vir mense, sê Solomons.  ~ 

PATRICIA de Lille is nie die feeks wat sommige haar uitmaak nie.

Watter ma praat nie ’n bietjie hard met haar kids nie? Dis dan juis oor hulle omgee dat hulle dit doen.

Son op Sondag het met ’n voormalige werknemer in die mayor se kantoor gesels.

“Mayor, jammer, eks-mayor, was ’n ma-figuur en het daai moederliefde en omgee vir haar staff gehad,” vertel Roger Solomons, belangegroep-bestuurder in die voormalige burgemeester se kantoor.

“Meetings het soms ’n bietjie rof geraak, maar ons het ’n verantwoordelikheid om ’n werk te doen.

“Niemand is by die werk om ’n klop op die skouer te kry nie. Politici en amptenare is daar om aandag te gee aan gemeenskappe en inwoners se behoeftes.”

Solomons het De Lille die eerste keer in 2015 ontmoet. Hy bieg sy kan soms baie upset raak.

“Haar beste eienskap is ook haar swakste – dat sy te veel omgee.

“Sy sal byvoorbeeld baie omgee oor ’n dienslewering-issue en dan is daar om die een of ander rede net geen vordering nie.”

Die Auntie of the Nation het ook belangstelling getoon in die families van haar staff. Sy wou weet oor die welstand van almal se families.

“Familie is die hoeksteen van ons samelewing. De Lille het geweet as dit nie goed gaan met iemand se familie nie, raak dit hulle en hulle werk.”

Ten spyte van al die praises erken Solomons hy is geen Patricia de Lille groupie nie.

“Ek is verbind tot waardes en die mense van die stad.

“Dit gaan nie oor my of jou nie.

“Dit gaan oor die antie wie se water af is, die oom wat sukkel met kragprobleme of met ’n behuisingsprobleem.”

Die meeste van die staff in De Lille se kantoor was jong mense. Dit toon die belangrikheid van die jeug en ook vertroue wat ’n veteraan in die jong mense het.

Die afgelope week was dit nie net De Lille nie, maar ook haar support staff wat bokse moes pak.

Solomons sê hy het by De Lille geleer om nooit bang te wees om jammer te sê nie, nooit ’n probleem of klag te minag nie en dat persoonlike kontak belangrik is.

Son op Sondag wou weet: Is Patricia de Lille ’n diktator?

“Die Patricia­ de Lille met wie ek gewerk het, het geglo in dringendheid­, excellence en is iemand met ’n hart vir mense.

“Ons is elke dag remind – wat kan ek vandag doen om iemand se dag beter te maak?”

Die ervaring het ook sy gesin se lewe verryk. “My vyfjarige seuntjie sal TV kyk, ’n protest sien of iemand met waterprobleme en vra of ek of die mayor nie kan help nie.

“Soms moet jy net luister, luister, luister en inneem en voel wat gesê word. Ek loop weg en weet mense is belangrik.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters