25 dae gelede
Sy is ‘bruin genoeg’ vir die job
staan saam :Charmalaine Zwiegelaar se boyfriend, Pieter Coetzee, ondersteun haar.Foto: bohemia hoffmeester  ~ 

’N ADMINISTRASIEKLERK se gesigvel is afgetrek toe haar wit bestuurder na bewering gesê het sy is bruin genoeg om ’n skoonmaker te wees.

Charmalaine Zwiegelaar van ’n plaas buite Klapmuts het daarna bedank en ’n klag by die gelykheidshof gemaak.

Zwiegelaar sê sy is so twee weke gelede beledig terwyl hulle opknappingswerk by haar werk, Compost King in Klapmuts, gedoen het.

Sy sê hoewel almal ingespring het om daarmee te help, kon sy nie oor sy klante gehelp het.

Sy sê haar bestuurder, Barnes Koortzen, het toe vir haar kollegas gesê sy kan ook maar kom help skoonmaak, want sy is in elk geval “bruin genoeg” daarvoor.

Zwiegelaar vertel: “Ek het eers nie geweet hy het dié goed oor my gesê nie.

“My kollega het my toe by die huis kom vertel wat Barnes gesê het. Ek was so geskok, ek kon dit amper nie glo.

Gediskrimineer

“Natuurlik is ek ’n coloured, maar beteken dít ons mag nie in kantore werk nie? So, ons is nou net goed genoeg om skoon te maak?”

Zwiegelaar sê sy het bedank oor sy voel daar is teen haar gediskrimineer.

Sy sê: “Ek is diep hartseer oor wat met my gebeur het. Ek gee nie om om skoon te maak nie, maar hoekom moet my ras by dié misverstand betrek word?

“My menseregte as ’n bruin vrou is geskend, en dís on­aanvaarbaar.”

Toe Son Koortzen vir kommentaar nader, het hy ontken hy was rassisties teenoor Zwiegelaar.

Koortzen sê: “Vir my maak dit nie saak watter kleur ’n mens is nie, ons is immers almal mense.

“Ek ag myself nie beter as enigiemand van ’n ander velkleur nie.

“Ek het gesien ál die kantoor mense maak skoon, en dis toe dat ek gesê het sy kan hulle ook help.

“Ons probeer die besigheid op die been bring, en as almal inspring, het ons ’n beter kans.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters