15 dae gelede
Straf eers ná Nuwejaar
Transitoroof: G4S loop deur.Foto: Tracey Adams/ANA  ~ 

SENZO Ponoyi (28) en Nkosiphendule Khanyana (35) was Donderdag voor in die Bell­ville-streekhof op ’n aanklag van gewapende roof.

Dié saak volg ná ’n transitorooftog in Mei 2016 by die Parow-winkelsentrum.

Hulle het ’n security van G4S at gunpoint gedwing om ’n geldboks vol kontant wat in die mall collect is, te oorhanding.

Lt.kol. Andrè Traut, polisie­woordvoerder, sê die geldboks het ontplof toe hulle te voet daarmee na die treinspoor gevlug het.

Albei is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede. Hulle word op 21 Januarie gevonnis.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters