27 dae gelede
Stad sukkel nog met dié vlugtelinge
Polisiëring: ’n Polisievoertuig staan buite die Metodistekerk op Groentemarkplein in die middestad van Kaapstad.  ~ Peter Abrahams

DIE Stad Kaapstad sê hy doen als in sy vermoë om die kwessie op te los van die honderde refugees in en om die Sentrale Metodiste-sendingkerk in die Kaapse middestad.

Die buitelanders bly nou al maande in en buite dié kerk by Groentemarkplein.

Die buitelanders, meestal van die Demokratiese Republiek die Kongo en Burundi, bly al langer as drie maande daar.

Die kerk het die sowat 800 uitlanders tydelike woonplek aangebied nadat hulle afgesit is van hulle plakplek buite die Verenigde Nasies se kantore.

Sekuriteit

Son het vroeër berig die mense is ingevolge ’n hofbevel uitgesit nadat hulle weke lank daar gekamp het. Hulle eis dat die VN se hoëkommissariaat vir vlugtelinge hulle na veiliger lande moet vervoer.

Die Stad Kaapstad se mayco-lid belas met veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê hulle is besig om ’n oplossing vir die netelige probleem te vind, maar dis ’n moeilike saak om op te los.

Smith sê: “Die besetting van die kerk en die area daaromheen het gelei tot oortredings van die Stad se verordenings.

Basis

“Bewerings van kriminele aktiwiteite het ’n merkbare impak op die omliggende besighede.

“Ons doen als moontlik om ’n ingewikkelde regskwessie op te los.

“Ons is op ’n daaglikse basis besig om met verskeie deelnemers te engage om só ’n oplossing te kry vir die saak.”

Volgens Smith eis die vlugtelinge noodbehuising van die Stad en verskuiwing na lande van hulle keuse.

Hulle het wel die opsie van herintegrasie in die gebiede waar hulle voorheen gebly het, sê Smith.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters