19 dae gelede
Stad ‘soek plek vir bou’
blyplek: Die Stad Kaapstad wil by die Soutrivier-mark huise bou.Foto: pinterest  ~ 

OMTRENT 850 huise sal beskikbaar wees wanneer die projek vir bekostigbare behuising by die Sout­rivier-mark klaar is.

Volgens Malusi Booi, mayco-lid van die Stad Kaapstad se departement van behuising, sal die finale getal huise bepaal word deur die soort ontwikkeling wat gaan plaasvind.

“Om statements te maak dat minder huise beplan word, is nie waar nie.

“Die oorspronklike voorstel het ’n ontwerpratio van 35% bekostigbare huise en 65% mark­verwante huise.

“Daar is hard gewerk aan die ontwikkeling. Die ratio is nou nader aan 50% bekostigbare teenoor markverwante huise.

“Die getal huise wat ons beplan om te bou, het nog nooit verander omdat die markwaarde verhoog is nie.”

Booi sê ná jare se harde werk tel hulle nou momentum op.

Oorweeg

“Die Stad sal voortgaan om vir behuising te kyk na plekke wat deur die Stad besit word.

“Kaapstad is ’n plek vir almal. Ons is toegewyd daaraan om alle moontlikhede te oorweeg en te kyk vir geleenthede waar ons bekostigbare huise vir ons inwoners kan bou.”

Booi sê onder die Social Hous­ing Act kan huishoudings huise huur as hulle maandeliks tussen R1 501 en R15 000 verdien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters