19 dae gelede
Staatsgetuie bars in trane uit oor victim
 ~ 

DIE staatsgetuie het Donderdag in trane uitgebars toe hy getuig oor Tyrone Constable wat, volgens hom, oorgegee is aan die Sexy Boys om vermoor te word.

Die getuie het Constable persoonlik geken. Hy was by die moord van Wayne “Lonty” Lekeur, die bende se hitman, betrokke.

Die getuie het gesê Constable, wat ook betrokke was by die moord op Brandon “Mablou” Dickson en Elroy van Wyk, het in 2014 opdrag gekry om Lekeur uit te haal.

Opdrag

Mablou en Van Wyk het Neano Kleynhans na bewering doodgeskiet voordat hulle uitgehaal is.

Volgens die staatsgetuie het Elton Ely hom opdrag gegee om Constable en Van Wyk in Wellington te gaan optel.

Hy’t getuig hy het hulle na Belhar teruggebring waar hulle vir Lonty doodgeskiet het. Ná die moord het Ely ’n oproep van die Belhar-polisie ontvang. Hy en die getuie het polisiestasie toe gegaan.

Volgens die getuie is hulle nie oor Lonty se moord ingeroep nie.

Hy het getuig hulle is in ’n vên gedruk en op pad Wellington toe het die polisie langs die pad gestop. Elty moes toe ’n map teken om te wys waar Van Wyk woon.

Uitverkoop

Van Wyk is by ’n huis in Wellington in hegtenis geneem en vir die moord op Lonty aangekla.

Constable is nie gearresteer nie.

Volgens die getuie is hy uitgevra oor die moord en waar Constable is, maar hy het aan die polisie gesê hy weet van niks nie en sal nie sy eie vriende uitverkoop nie.

Volgens die getuie het Jerome “Donkie” Booysen vir Ely gebel en na bewering gedreig hy sal sy ma vermoor as hy nie vir Constable oorhandig nie.

Die getuie het getuig dat Ely vir Constable aan Booysen oorhandig het en hy is vermoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters