17 dae gelede
So naby en tog so ver
GOALIE: Lauren-Lee Morris se pa en ma, André en Anthea, probeer borgskappe reël sodat hulle klong oorsee sokker kan gaan speel.Foto:ELDRIDGE JASON  ~ 

IN BONTIEWIL skuil daar nie net moord en doodslag nie.

Daar skuil ook mense wat vorentoe wil gaan in die lewe. Mense, oud en jonk, wat hulle drome ’n werklikheid wil maak.

Veels te dikwels word die Kaapse Vlakte gesien as ’n plek waar niks anders as die misdaad­syfer kan groei nie.

Maar aan ’n jong seun van Bonteheuwel is daar ’n blink nuwe kans gebied.

Dit is om sokker oorsee te gaan speel. Dis die ideale geleentheid waarmee sy drome vlerke kan kry.

Lauren-Lee Morris (14), ’n gr. 8-leerder van die Hoërskool Belgravia, het die kans van ’n leeftyd gekry om sy staal oorsee te gaan toon.

Lauren-Lee is ingesluit by die South African Schools Football Association (Sasfa) se o. 15-span, wat die land in ’n toernooi in Doebai en een in Manchester sal verteenwoordig.

Dié toernooie word van 1 tot 15 April aangebied.

En dít is ’n geleentheid waaroor dié kranige doelwagter nie min opgewonde is nie.

Lauren-Lee sê baie excited: “Die TTD Super Cup in Doebai en die Manchester Cup is wonderlike geleenthede vir my om as speler te ontwikkel.”

Hy sê die sokker-gogga het hom gebyt toe hy al ag jaar oud was.

Lauren-Lee voeg by: “Manchester United is my gunsteling-span en hulle goalie, David de Gea, en (Juventus se) Cristiano Ronaldo is my favourite spelers.

“Wie weet, miskien sien een van daai klubs my raak.

“Dit sal awesome wees as ek eendag vir ’n top-span kan uitdraf.”

So ’n geleentheid val egter nie uit die lug uit nie, veral nie wat koste betref nie.

Die koste verbonde daaraan om dié droom vir Lauren-Lee te verwesenlik, beloop ’n stewige R48 000 per speler.

Glo

Sy ma, Anthea, sê hulle wil graag sien dat ook hulle klong die plane na die toernooie haal.

Anthea sê: “Om borgskappe te kry, is egter moeilik. Besighede het óf verskonings óf hulle reageer nie op ons briewe nie.

“Ek bly egter glo dat Lauren-Lee se droom bewaarheid sal word.”

  • Enige een wat ’n bydrae wil lewer, kan ’n e-pos stuur na antheamorris08@gmail.com
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters