Verlede maand
Só ’n mond kort seep
IN DIE SOP: Drie lede van die Stad Kaapstad se wetstoepassers is geskors oor swak gedrag. Foto ter illustrasie: Melinda Stuurman  ~ 

DIS all fun en games totdat jou laanie jou uitvang op die job speel.

Drie wetstoepassers het dít op die harde manier geleer toe hulle geskors is omdat hulle inwoners van Capricorn in Kaapstad op hol gejaag het.

Die drie het selfs ’n video gemaak oor hoe hulle agter mense aanjaag om hulle binne-in hulle huise te kry tydens die landwye lockdown-periode.

In die video, wat viral gegaan het, kan ’n mens hoor hoe een van die cops ’n persoon wat in die straat loop, vanaf hulle diensvoertuig vloek en skel.

“Jy, jy, just stay in your f*ck*ng house, jou ma se ... !

“Julle dink dis ’n joke nè? Julle ma se p**ste.”

’n Inwoner hardloop by sy huis in. Dan hoor ’n mens ’n metro cop aan die driver sê dat daar nog iemand op straat is.

“Chise him, chise him!” skree die passasier-metrobeampte.

Dan sien ’n mens in die video hoe hulle vinnig ry. En toe hulle naby ’n inwoner op straat kom, skreeu die een beampte weer vieslik op hom.

Die driver maak asof hy die ou gaan omstamp en stop langs hom.

“Jy vat ons vir ’n gat, nè. Where do you stay?” vra die drywer terwyl die passasier ook stamps opplak en toe wil weet: “Where do you stay, you n**i?”

Wanneer hulle wegry, sak een af: “Daar pis die n**i hom nat.”

Talle klagte het juis vanuit die gebied gekom oor beamptes wat mense na bewering nie met respek en waardigheid behandel nie.

Richard Bosman, die Stad se uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, het die voorval bevestig en gesê sy manne het wel vir hulle dade betaal.

“Die voorval het verlede Saterdag in Capricorn plaasgevind.

Openbaar

“Dit is onder my aandag gebring en ons het onmiddellik opgetree om die lede te identifiseer. Maandag is die drie geskors.”

Bosman sê die Stad sal nie toelaat dat sy lede sulke gedrag teenoor inwoners toon nie.

Die Stad sal sterk optree teen elkeen wat sulke gedrag teenoor inwoners openbaar.”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters