Verlede maand
Skare vat law in hul eie hande
Massas mense: Binne-in die hofsaal het hofgangers mekaar Vrydag behoorlik verdring.  ~ Jonathan Lestrade

NIE eens skokgranate, rubberkoeëls of traangas kon die skare Vrydag keer om beweerde drug-huise en hoerhuise in Parow af te brand nie.

’n Woedende groep van meer as 1 000 het net ná die hofverrigtinge van Moyhdian Pangarker by die Goodwood-hof hulle emosies pad toe gevat.

Pangarker het Vrydag sy eerste verskyning in die Goodwood Landdroshof gemaak waar hy vir die moord op die agjarige Tazne van Wyk teregstaan.

Tazne het twee weke gelede spoorloos verdwyn nadat sy na ’n huiswinkel oorkant haar ouerhuis­ in Clarestraat, Elsiesrivier, gestap het. Sy is laas saam met Pangarker gesien.

Uitwys

Hy is Maandagaand in die Oos-Kaap in Cradock gearresteer nadat sy eksvrou hom daarheen gelok het.

Hy het Woensdag in die Cradock Landdroshof op ’n klag van ontvoering verskyn en daarna Tazne se lyk op die N1 naby Worcester in ’n storm­waterpyp gaan uitwys.

By die Goodwood-hof het Pangarker vlugtig verskyn terwyl hy sy gesig agter sy hemp weggesteek het.

Nuuskierige en woedende hofgangers wou seker maak hulle kry ’n kykie na hom toe hulle hulle way na buite die hof se hekke gemaak het.

Nadat mense gatvol geraak het om vir die beskuldigde buitekant die hof te wag, het hulle hulle way in die rigting van Parow gemaak.

’n Antie wat nie op rekord wou praat nie, sê sy het die skare gejoin omdat sy dit vir haar kind doen.

Aangehou

“Kyk, as ons dit nie vir ons kinders doen nie, sal sulke dinge altyd in ons gemeenskappe gebeur,” het sy gesê.

Daar word ook beweer die mense het ’n huis afgebrand waar Pangarker glo die kleine Tazne aangehou het.

Die huis, net bekend as “40 Parow”, is volgens inwoners ’n bekende hoerhuis en daar is glo “dinge” wat daar aangaan.

Daarna het hulle om die draai gegaan waar die ontstoke mense vermeende merts se huise begin bestook het.

Die polisie en metro cops het vinnig nader gekom om die skare­ uiteen te jaag. Die erg omgekrapte skare het egter belowe hulle sal nie op­hou­ tensy iets gedoen word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters