19 dae gelede
Sakeman oorleef bom onder seat
GATSLAG: Die man is lelik beseer in dié ontploffing. FOTO VERSKAF  ~ 

’N OORSESE sakeman is in ’n ernstige toestand in die hospitaal nadat ’n ploftoestel Vrydag onder die seat van sy Range Rover ontplof het.

Luidens berigte het die man deur Westlake in Kaapstad se suidelike voorstede gery toe die bom ontplof.

Dit het omstreeks 12:30 gebeur, berig capetownetc.com. Die polisie se bom- en honde-eenheid het gereageer en was spoedig op die toneel.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het aan News24 gesê: “Daar word beweer die slagoffer het sy huis vanaf Stonehurst Estate verlaat.

Help

“Terwyl hy op Steenbergweg in die rigting van Ou Kaapse weg gery het, was daar ’n ontploffing in die voertuig.”

Van Wyk kon nie bevestig wat die ontploffing veroorsaak het nie.

Greg Muller, eienaar van Down South Towing, was eerste op die toneel om te help. Hy het aan die Weekend Argus gesê by sy aankoms kon hy sien die buitekant van die voertuig was nie beskadig nie, maar daar was skade aan die binnekant.

Muller sê die man, wat met ’n Britse aksent gepraat het, was by sy bewussyn en kon met hom praat. Muller skat die man is in sy 50’s.

Hy sê die slagoffer is aan sy sitvlak beseer en die toestel het ’n gat uit die bestuurder se sitplek en die vloer van die swart Range Rover geblaas.

Volgens Muller is die man na die Vincent Pallotti Hospitaal in Pinelands geneem vir behandeling.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters