16 dae gelede
Rooikat uit in Simonstad
Honger katFoto: Yolandé Oelsen  ~ 

’N ROOIKAT is Dinsdag in die strate van Simonstad naby Kaapstad gesien. Simonstad is tans ’n hotspot vir wilde diere nadat pikkewyne ook onlangs daar op straat gewaar is.

Yolandé Oelsen, ’n inwoner in die Murdoch Valley-buurt het die rooikat vroeg in die agtermiddag op Main Road opgemerk, berig Business Insider SA. Die roofdier het see se kant toe beweeg waar hy sonder sukses op die rotse dassies probeer vang het. Die groot kat het later weer in die bosse verdwyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters