3 jaar gelede
Regter: Wilson is ’n reeksmoordenaar
Lekita Moore FOTO VERSKAF  ~ 
suurstofdief: Cameron Wilson dreig Son op Sondag se fotograaf dat hy haar “sal moer”.Foto: Tanya Menges
Lekita Moore FOTO VERSKAF

CAMERON Wilson is nog nie eens mondig nie, maar is reeds ’n reeksmoordenaar.

Dít was Vrydag die bevinding van regter Chantel Fortuin in die Kaapse hooggeregshof.

Fortuin het Wilson (20) skuldig bevind aan 13 van die 15 aanklagte teen hom.

Wilson is in September 2016 ge­arresteer vir die grusame moord op Lekita Moore (18) in Valhalla Park.

Sy is 98 keer gesteek.

Wilson was in daardie stadium uit op borgtog vir ’n ander moord.

Fortuin het Wilson skuldig bevind op vyf aanklagte van moord – dié op Lekita, Alfonzo van Rooyen, ­Toyher Stober, Stacey-Lee Mo­hale en Ernest Erasmus.

Die galery was gepak met familie­lede en vriende van sy slagoffers.

Hy is ook skuldig bevind aan poging tot moord op Abigail Plaatjies, Nicole McEwan en Rose­line Lackay.

Wilson het McEwan en Lackay aangerand dieselfde aand dat hy Lekita vermoor het.

Hy het McEwan in die rug gesteek omdat sy nie ’n lighter vir hom gehad het nie. Hy het Lackay veelvuldige steekwonde in die kop, gesig en bene toegedien.

Wilson is ook skuldig bevind aan die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie vir die moord op Stober in Ok­tober 2014.

Fortuin het Wilson ook skuldig bevind aan verkragting.

Hy is onskuldig bevind op die aanklag van poging tot moord op Cody Philander en verkragting van Mohale.

Die nasionale vervolgings­gesag (NVG) verwelkom Philander se uitspraak.

Die meer as 50 getuies wat vir die staat getuig het, was almal duidelik vreesbevange.

Fortuin het ’n punt daarvan gemaak om te sê Wilson het geen respek vir vroue nie en beskou hulle as besittings.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters