19 dae gelede
Raadslid sterf aan beroerte
ricardo saralina
Ricardo Saralina, wyk 19 raadslid in die Stad Kaapstad, saam met sy vrou Liesl.  ~ 

HULDEBLYKE stroom in na die skielike dood van 'n wyksraadslid van die Stad Kaapstad.

Ricardo Saralina se dood is ure na hy 'n beroete gehad het

Grant Twigg, voorsitter van die DA in die Kaapse Metro, sê aan kollegas: "Ek kan bevestig rld. Ricardo Saralina was na 'n stroke by Grootte Schuur-hospitaal opgeneem.

"Dit is met hartseer dat ek die doodstyding moet deel. Mag Ricardo in vrede rus."

Twigg noem aan raadslede: "Hierdie is so unfortunate en 'n reminder dat ons gereeld ons gesondheid moet monitor en mekaar moet ondersteun, veral in die onvoorspelbare werksomgewing."

Net Saterdagoggend nog het Saralina 'n breakfast met leiers in Wesbank in Kuilsrivier gehou.

Op Facebook loof talle Saralina vir sy toewyding en hardewerk in die gemeenskap. 

Sy kollega, Elgan Fortune, skryf: "Dit was 'n eer om met 'n raadslid te werk, wie se commitment sy gemeenskap was."

Saralina was die wyksraadslid vir wyk 19, wat insluit Wembley Park; Highbury; Wesbank; Kalfontein en Sarepta.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters