13 dae gelede
Paniek oor ‘kidnapper’
Paraat: Die kar se registrasienommer is gevat. Foto:scholarpatrol.co.za  ~ 

TE MIDDE van vrese oor kinderontvoering het ’n groep Kaapse laerskoolkinders Vrydag paniekbevange gevlug – blykbaar om weg te kom van ’n motoris wat gestop en foto’s van hulle geneem het.

Howard February, hoof van Vanguard Primêr, sê: “Nie een van die kinders is gegryp nie.”

Hy is oorval met oproepe nadat ’n WhatsApp-teks rondgestuur is met die nuus dat twee kinders ontvoer is.

February verduidelik vier leerders het skool toe gestap toe die kar stop. Hulle het gepanic en gedoen wat hy hulle geleer het deur weg te hol.

Die skolierpatrollie het die kar se registrasienommer geneem. – News24

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters