16 dae gelede
Ou vas oor drugs, ammo
SAKKE VOL PILLEFoto: Kapt. Piet Smit  ~ 

’N MAN (39) is Donderdag in Brackenfell, Kaapstad, gearresteer vir die besit van ’n groot hoeveelheid Mandrax, tik en ammunisie.

Verskeie eenhede het saamgewerk aan die operasie by ’n sakepark in Brackenfell, waar ’n swart BMW voorgekeer en deursoek is. Daar was twee sakke Mandrax in sy boot.

Gevolglik is drie persele in Stikland, Kraaifontein en Brackenfell deursoek waar nóg drugs en skietgoed gevind is. Die drugs se straatwaarde is sowat R7,8 miljoen.

Die verdagte sal in Bellville op verskeie aanklagte hof loop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters