2 maande gelede
Ou leen kar, word afgemaai
’n klomp lewens: Jerome “Donkie” Booysen het nou al verskeie aanslae op sy lewe oorleef. Foto: netwerk24  ~ 

DIE broer van ’n beskuldigde wat op trial moet gaan met die vermeende onderwêreld-kingpin Nafiz Modack, is verskeie kere geskiet.

Dit het gebeur in ’n voorval wat dalk ’n geval van mistaken identity is.

Die voorval het naby die Kaapse sakekern plaasgevind en die BMW het ná die skietery teen verskeie karre vas geploeg voordat dit gerol het.

Daar word verneem dat die beseerde die broer is van Ashley Fields, wat in November saam met Colin Booysen, Jacques Cronjé en Modack op ’n klag van afpersing in die Kaapse streekshof sal teregstaan.

Tydens die borgtogverhore van die beskuldigdes in Desember 2017 en in Februarie vanjaar het die ondersoekbeampte Charl Kinnear verskeie bewerings oor Fields gemaak.

Kinnear het gesê die polisie se misdaadintelligensie-eenheid het bevind dat Fields ’n bekende gangster is wat respek afdwing in Soutrivier en Woodstock.

Daar word vermoed die man wat Donderdag geskiet is, is verkeerdelik vir Fields aangesien omdat hy met Fields se kar gery het, berig News24.

Volgens ’n bron is hy in die bors en gesig geskiet.

Hy is die derde persoon met ’n direkte of indirekte verbintenis tot die looming hofsaak wat geskiet is.

Carl Lakay, wat ook ’n beskuldigde in die hofsaak was, is op 5 Augustus vanjaar in Goodwood doodgeskiet.

Vier dae voor die moord op Lakay is Jerome “Donkie” Booysen­ – die broer van Colin Booysen – gewond in ’n skietery by ’n bekende eetplek in Kuils­rivier.

Lughawe

Dit was die sesde aanslag op Booysen se lewe.

Daar was selfs al gepoog om hom by die Kaapstadse Inter­nasionale lughawe uit te haal.

Die man wat op Donkie losgebrand het, is in dieselfde voorval doodgeskiet. Dié ou het glo in Woodstock gebly.

Bruce Hendricks, Colin Booysen se lawyer in die afperssaak, wou op navraag nie op Donderdag se skietvoorval kommentaar lewer nie.

’n Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, het op navraag oor die skietvoorval gesê die polisie het by hul aankoms twee insittendes, ’n man en ’n vrou, in die goue BMW gevind.

Van Wyk het bygevoeg die vrou is nie in die skietery gewond nie.

“Die motief vir die voorval is in hierdie stadium nie bekend nie en die voorval word ondersoek,” het Van Wyk gesê.

’n Saak van poging tot moord word tans deur die cops ondersoek.

Enige iemand wat moontlik inligting oor die voorval het, word gevra om die saak se ondersoekbeampte, speur-adjudant-offisier R. Smith, asseblief by 021 486 2824 te bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters