20 dae gelede
Orkes-program bedreig
VIOLIS: Thapelo Ndzingo (7) oefen by die KFO se Masidlale-projek. Foto: GROUNDUP  ~ 

DIE oorlewing van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) se jeug- en uitreikprogram, en die orkes self, is onseker.

Dit volg op ’n lang, onverklaarbare gesloer met finansiering vanaf die departement van kuns en kultuur.

Die KFO wag steeds vir ’n verwagte R7 miljoen van die departement, berig GroundUp.

Derek Auret, voorsitter van die KFO, het in Augustus by die opening van die winter­simfonieseisoen in die Stadsaal in Kaapstad gesê: “Die orkes trotseer ’n ernstige uitdaging. Dis nie altyd seker of hy finansieel van maand tot maand kan oorleef nie.”

Auret het bygevoeg die jeugopleidings- en uitreikingsprogramme “bereik elke jaar heelwat meer as 300 youngsters”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters