13 dae gelede
‘Oorlog’ teen evas woed voort
genoeg is genoeg
#GenoegIsGenoeg  ~ 

WAAR is ons veilig?

Dít is wat vroue landwyd wil weet nadat ’n 19-jarige student, Uyinene Mrwetyana, in ’n poskantoor vermoor is. Jesse Hess, ook ’n 19-jarige student, is in haar ouerhuis saam met haar oupa vermoor.

Albei is ook verkrag.

Hess was ’n eerstejaar aan die UWK. Mrwetyana was ’n student aan UCT.

Die studente se moorde – in Vrouemaand – was die laaste strooi nadat talle ander vroue ook onlangs vermoor is. Net in Augustus is 30 vroue landwyd vermoor.

Dit sluit in ’n 55-jarige verpleegster van Kalkfontein wat na bewering deur haar eie tienerseun doodgesteek is.

Lynette Volschenk (32) van Bellville is in haar woonstel vermoor.

Haar lyk is opgekap, in swartsakke verpak en in twee verskillende flats gevind. Haar kop het in ’n inkopiesak in die bosse gelê.

Janiko Mallo (14) se lyk is agter haar ouma se huis in Heinzpark, Mitchells Plain gevind. Sy is verkrag voordat sy vermoor is.

Nathalia Pienaar, ’n sesjarige van Manenberg, het in die kruisvuur van bendes beland en het later aan die kopwond beswyk.

Bokser

Daar was die skietdood van die swanger Sadiqah Newman (26) van Manenberg toe sy winkel toe gestap het om krag te gaan koop.

In die Oos-Kaap is die bokser Leighandre “Baby Lee” Jegels (30) voor haar ma deur haar eks-boy­friend doodgeskiet. Haar ma is ook gewond.

Meghan Cremer (30), Nolundi Vumsindo (44), Sisanda Fani (30), Esmeralda Isaacs (14) is nog vroue wat onlangs vermoor is.

Sharna Fernandez, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, sê dit is fair om te sê die samelewing voer ’n oorlog teen sy vroue en kinders.

“Daarom doen ons ’n beroep op alle mans én vroue om ons te help in ons fight teen geweld teen vroue en kinders. Wees ons oë en ore.

“As ’n departement sal ons nooit alleen dié stryd kan stry nie.”

Sy sê vroue word daagliks fisiek en seksueel aangerand en gedreig.

“En dit gebeur alles in hulle eie huis, waar hulle veilig moet voel.

“Die oortreders is niemand anders as hulle partners nie.”

Volgens Fernandez is haar departement ’n klein skakel in ’n hele system wat verantwoordelik is vir die veiligheid van slagoffers van geweld. Die ander rolspelers sluit in die polisie, die nasionale vervolgingsgesag, howe en die gesondheidsdepartement.

Verblyf

“Omdat die meeste slagoffers aan die hande van hulle partner ly en dit in hulle huis gebeur, bied ons verblyf in shelters aan. Dit gee vroue die kans om uit die abusive verhoudings te kom.”

Die provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, sê die voortdurende geweld teen vroue is ’n groot bekommernis.

“Ons kan nie geweld teen en abuse van vroue toelaat nie. As ’n samelewing moet ons aan ’n jaar lange veldtog deelneem om dié geweld te beëindig.” 

Leighandre “Baby Lee” Jegels (30) FOTO’S Verskaf
Uyinene Mrwetyana (19)
Lynette Volschenk (32)
Sadiqah Newman (26)
Janiko Mallo (14)
Meghan Cremer (30)
Jesse Hess (19)
genoeg is genoeg
#GenoegIsGenoeg
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters