27 dae gelede
Niks knak dié jong ma
Inspirasie: Paulicia wil alle single mammies inspireer met haar journey met haar poplap, Shekinah.  ~ Eldridge Jason

OM ’N single mammie te wees is nie maklik nie.

Jy word gejudge. Meestal deur mense wat nie een ’n graad in die regte het nie.

Jy word uitmekaar geskeur, verneder en as die vark in die verhaal uitgemaak.

Vra maar vir Paulicia Cyster (22). Dié enkelma van Heideveld het byna twee jaar gelede dit “durf” waag om pregnant te raak.

Maar pleks van gaan lê, het dié jong vrou – ondanks erge depressie – haar kop hoog gehou, die lewe vol aangekyk en besluit om ’n verskil in ander se lewe te maak.

Daar is nie bitterheid is haar stem as Paulicia praat oor haar struggles nie.

Dié jong ma is stukkie vir stukkie besig om haar lewe weer agtermekaar te kry en wil nou met haar projek “Single Moms Rise Up” ander jong mammies inspireer.

“Ek was ’n spiritual dancer in my kerk toe ek swanger geraak het,” vertel Paulicia. “Orals het ek my deel gedoen.

“Ek was goed genoeg om na die ander kerksusters se kinders te kyk, maar toe ek swanger raak, wou niemand iets met my te doen hê nie. Ewe skielik was dit my skuld.

“My dogtertjie, Shekinah, se daddy wou niks met haar te doen hê nie. En ál wat my kerk gesê het, is dat ek hom moet allow om sy lewe te lei.”

Paulicia was ’n onderwysstudent in haar tweede jaar toe sy swanger raak. Sy moes haar voltydse studies opgee en gaan werk.

Sy sê: “Gelukkig studeer ek nou deeltyds, maar dis steeds tough om te werk, te studeer en ’n ma te wees.

“Dit breek my hart om te sien hoe sukkel veral jong mammies hier in Heideveld om hulle kinders alleen groot te maak.

“Dit breek my hart dat kinders laataand ’n stukkie brood kom soek omdat daar niks in hulle huise is nie.

Nooi

“Daarom het ek gedink om met Shekinah se verjaardag nie ’n partytjie vir haar te gooi nie, maar die buurt se kindertjies en hulle mammies te nooi, en hulle ook ’n bietjie te bederf.”

Shekinah se kroonverjaardag is op 2 Februarie en Paulicia wil die kindertjies graag bederf met ietsie te ete en selfs tweedehandse kleertjies en geskenkies.

Lesers wat wil help, kan haar e-pos by cyster67@gmail.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters