2 maande gelede
Ná abuse celebrate vroue nou saam met antie Pat
passie Patricia de Lille, burgemeester van die Stad Kaapstad, saam met die bestuurders van die Womens Shelter Movement by die “Day of Elegance” in die stadsaal. Foto’s: Peter Abrahams  ~ 
Kappityt: Antie Pat laat waai terwyl die vroue vir haar sing en dans.
passie Patricia de Lille, burgemeester van die Stad Kaapstad, saam met die bestuurders van die Womens Shelter Movement by die “Day of Elegance” in die stadsaal. Foto’s: Peter Abrahams

VROUE van die Womens Shelter Movement (WSM) is Donderdag getreat met ’n “Day of Elegance”.

Patrica de Lille, burgemeester van die Stad Kaapstad, en haar staff het dié event in die Moederstad se stadsaal aangebied.

By die geleentheid het De Lille sowat 200 vroue aangemoedig om uit abusive verhoudings te stap.

De Lille het in haar toespraak gesê: “Dit is vir my ’n groot eer om ’n ete en tyd saam met julle te deel in ’n kamer vol wonderlike, pragtige en dapper vroue. Elkeen van julle is ’n sterk vrou.

Skaamte

“Jul dapperheid en vasberadenheid is ’n inspirasie vir alle Kapenaars. Ek kan verstaan dat jul reis baie moeilik was. Julle is egter hier omdat julle sterker is.

“Baie van julle is oor ’n lang tydperk misbruik. Ek weet dit lyk asof dit ’n teken van skaamte is.

“Daarom steek soveel vroue en gesinne misbruik weg en maak asof dit net nie gebeur nie.

“Deur stil te bly, word die oortreder beskerm sodat die misbruik voortduur, soos ’n bose kringloop.”

De Lille sê ’n lang pad moet nog gestap word om vroue te bemagtig.

“Slegs 37,2% van die Stad se 27 000 werknemers is vroue en min dien in bestuursposisies. In my kantoor het ek merkwaardige jong vroue wat uitstekende werk doen.

“Ek het ook krag van die vroue in Hanover Park gekry.

“Onlangs het ek ’n groep vroue ontmoet wat die groot taak het om teen bendegeweld te staan omdat hulle ’n kind of ’n geliefde weens bendeskietery verloor het.”

As ’n blykie van waardering het die Stad die vroue met geskenk­pakkies bederf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters