7 dae gelede
Meghan Cremer: 'n sinlose moord

AS EK net die helfte kan wees van die mens wat my ma is, sal ek my lewe as ’n sukses beskou.

Hierdie was een van die laaste Facebook-inskrywings van die vermoorde Meghan Cremer.

Haar verdwyning het aanvanklik gemaak dat mense naarstig na haar gesoek het.

Maar toe kom die sad nuus: Die sprankelende meisie met die groot hart wat so lief was vir perde, is vermoor. Wreed vermoor.

Drie vuilgoed is intussen vir die moord op Meghan vasgetrek en het Vrydag in die Athlone-landdroshof verskyn.

Een van hulle het bos gelos oor hulle sinlose daad.

Jeremy Sias (27), Charles Daniels (39) en Shiraaz Jaftha (34) het in die hof verskyn omdat Meghan se kar in hulle besit gevind is.

Hulle verskyning was vlugtig. Die drietal sal weer op 15 Augustus moet hof loop ’n aansoek om borgtog.

Tot dan bly hulle in aanhouding.

Meghan, ’n bekende perderuiter van Knysna, is Saterdag laas by ’n vriend se huis gesien.

Toe sy die volgende dag nie opdaag vir werk nie, is sy as vermis aangemeld.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê drie verdagtes is nog dieselfde dag aangekeer.

’n Bron vertel aan Son op Sondag een van die verdagtes is ’n lid van die Six Bob-bende in Lotusrivier. Sy modus operandi is om te hijack en te vermoor.

“Hy is bekend aan die polisie. Meghan se dood is weens verwurging,” het die bron gesê.

Die bron bevestig Meghan is nie verkrag nie en is ten volle geklee in ’n vlak graf op ’n sandduin in Philippi gevind.

Confess

“Die 27-jarige verdagte het die polisie na die duin gevat waar hulle haar lyk gedump het.

“Hy het ook confess dat hy haar vermoor het.”

Nog ’n betroubare bron het aan Son op Sondag bevestig die duin is skaars 80 m van Meghan se huis af geleë.

Die bron voeg by dat Daniels op CCTV-kamera afgeneem is by verskeie banke in die omgewing.

“Hy het Meghan se bankkaarte by Pelican Park, Strandfontein en Muizenberg gebruik, maar hulle het nie haar kar tot daar gery nie. Hulle het van ’n ander voertuig gebruik gemaak.”

Die bron sê nóg ’n persoon is onlangs deur die cops nadergetrek vir ondervraging.

Redaa Ameeroedien, voorsitter van die Schaapkraal-gemeenskap se veiligheidsprogram, sê Meghan se dood het die hele gemeenskap geskok.

“Sulke dinge gebeur nie in ons area nie,” het Ameeroedien verduidelik.

Hy voeg by dat die drie na bewering bekend is in die area.

Hy sê hy wil ook die SAPD-lede bedank vir hulle harde werk.

“Dis regtig sad wat gebeur het. Om so ’n jong vrou van haar toekoms te beroof, is regtig on­nodig.”

Op Facebook het verskeie mense hulle skok oor die moord uit­gespreek. 

groot seer: Familie en vriende het op Vroudedag ’n gedenkdiens vir Meghan gehou by haar huis.Foto: LEON KNIPE
Jeremy sias FOTO’S Verskaf
Charles Daniels
Shiraaz Jaftha
MEGHAN CREMERFoto: NETWERK24
liefdevol: Meghan Cremer was iemand wat lief was vir die lewe.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters