6 dae gelede
Meer paraat na sy en dok praat
GEWORRY: Groot kommer heers oor die oopmaak van skole.Foto: Jonathan Lestrade  ~ 

VROU-ALLEEN staan sy reg om vir kinders se lewe teen die gevreesde corona-virus te veg.

Maar hoe harder Vanessa le Roux veg, hoe meer inligting vind sy wat haar tot in haar diepste wese skok.

Toe Le Roux, stigter van die groep Parents Against The Open­ing of Schools, ondersoek wil instel rondom die voordele en nadele van PPE (beskermingsdrag) vir leerders, het sy vinnig agtergekom dit sal baie meer as dít vat om leerders en selfs onnies teen die vernietigende virus te beskerm.

Sy het dié week op Facebook ’n regstreekse gesprek met kenners oor die onderwerp gevoer.

Le Roux verduidelik: “Ons is gerush in ’n situasie waarop ons nie reg voorbereid was nie.

“Die topic gaan miskien oor die pros en cons, maar ek dink dit is baie meer as dit.

“Ek het gister die benefit gehad van ’n discussion met ’n dokter.

“Uit dié discussion het ek besef daar is soveel dinge wat van ons weerhou is.

“Hy bespreek byvoorbeeld goed soos dat gedragsvoorligting moes plaasgevind het.

“Nie net by kinders nie; ook by onderwysers.

“Hy bespreek die simptome, waarvan koors net een is.

“Hy sê dit is outdated studies en die inligting wat van die government af kom, word nie update nie.

“Ek was nogal ’n bietjie gegooi toe ek dít hoor.

“Skielik het ek 100 000 vrae vir hom gehad.”

Le Roux sy het tydens haar gesprek met die dokter alle ouers se vrese opgehaal en die dokter het dit openlik en eerlik bespreek.

Sy sê verder die dokter het haar meegedeel almal moet hulle gedra asof hulle reeds die virus het.

“Hy bespreek byvoorbeeld ons behaviour en sê dat dit ons grootste nadeel is, soos dit vir my lyk, want ons behave asof ons die virus sien aankom.

“Hy sê ook die kwesbares is at risk, want die kind gaan moontlik nie siek raak nie of dalk net nie simptome wys nie, maar die oumas en oupas en dié met onderliggende siektes gaan dit nie vryspring nie.”

Le Roux sê die onnies vrees vir hul lewe en is in ’n toestand.

“Ek voel mentally gedrein.

“Vier onderwysers bel my van­oggend wakker en hulle huil net oor die phone. Ek praat van hulle huil net. Hulle is in ’n toestand, want hulle het die massagrafte gesien, en hulle wonder of dit vir teachers is,” vertel Le Roux.

Intussen wikkel Le Roux daagliks om leerders uit die skole te hou, aangesien die Wes-Kaap al sy piek bereik het.

  • Onnies wat by skole op die Kaapse Vlakte werk, het dié week ook hul stem dik gemaak oor die onsekere atmosfeer wat in skole heers. Baie van hulle wil weet hoekom skole oop moet wees terwyl dit winter is in Suid-Afrika.
Infeksies

In reaksie hierop het die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, gesê die opening van skole was ’n besluit van die nasionale departement van basiese onderrig.

“Dit is te wagte dat daar by skole Covid-19-gevalle sal wees – net soos wat daar in communities gevalle is. Maar op die oomblik sien ons nie bewyse van ’n groot toename in die getal infeksies by skole nie,” het Schäfer gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters