18 dae gelede
Marchers mis hul aktivis
Protes: Ondersteuners doen dit vir hulle leier. Foto: Jenni Evans/News24  ~ 

’N KLAG van crimen injuria teen die grondaktivis Gcobani Ndzongana van Zihle, Hermanus, is Vrydag teruggetrek.

Hy bly egter in aanhouding vir sy verhoor in ’n ander saak.

Ndzongana se saak is vóór die hof se gewone begintyd (09:00) aangehoor.

Gevolglik het ’n groep van sowat 100 wat toestemming vir ’n march gehad het, alles misgeloop.

Themba Mbhele, ’n support­er, kla hulle wou hulle leier ondersteun, maar kon nie.

Ndzongana se lawyer, Mafu Masina, het News24 meegedeel die klagte is teruggetrek nadat hulle vertoë gerig het aan die direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters