13 dae gelede
Mans is die probleem – en ook die oplossing
Genoeg! Suid-Afrikaners is gatvol verby vir geweld teen vroue en kinders.Foto: Peter Abrahams  ~ 

ISRAELSE vroue het in die 1970’s onder ’n vlaag verkragtings deurgeloop.

Die Israelse kabinet het toe voorgestel dat vroue van ’n sekere tyd van die aand nie moet uitgaan nie.

Daarop het Golda Meir, Israel se premier van 1969 tot 1974, teruggekap: “Dis die mans wat die vroue aanval. Laat die mans by die huis bly.”

Suid-Afrikaanse vroue en kinders loop lankal deur weens lafhartige varke wat verkrag en moor.

Vroue word steeds daarvoor geblameer oor hoe hulle dress.

Te veel mans wat uit tronke vrygelaat word, pleeg weer ’n misdaad.

’n Regsgeleerde sê baie word toegesluit vir byvoorbeeld diefstal, maar pleeg verkragting of moord nadat hulle vrygelaat is.

“Ál rehabilitasie is om te sê jy is jammer oor wat jy gedoen het,” meen die regsgeleerde.

“Daar is nie genesing as jy nie verantwoordelikheid aanvaar nie.”

Meer

Luidens polisierekords is 177 620 misdade in die boekjaar 2017/’18 teen vroue gepleeg.

Daarvan was 36 731 seksuele oortredings. Altesame 2 930 vroue is verkrag, aangerand en vermoor.

Dis 11% meer as die vorige boekjaar.

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sê in sy jaarverslag vir dié tyd 55 klagte van verkragting is tussen April en September laas jaar teen cops aanhangig gemaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters