9 dae gelede
Lykhuis op sideline
Broers werk saam: Ramone Samuels en Damian Willemse by die opening van hulle lykhuis.  ~ Verskaf

DIE Stormer-rugbybroers Ramone Samuels en Damian Willemse tackle­ die begrafnis-bedryf nou op volle vaart.

Dié broers het in 2018 hulle begrafnisondernemingsdiens begin en dit vandeesweek ’n stap verder gevat met die opening van hulle eie lykhuis.

Willemse speel losskakel vir die Stormers en het Suid-Afrika laas jaar in die Wêreldbeker-rugbytoernooi verteenwoordig.

Samuels sukkel op die oomblik nog met ’n besering.

Hy hoop egter om binnekort weer terug op die veld te wees.

Maar intussen sorg hy dat oor­ledenes ’n dignified begrafnis kry.

Baie mense se oë het gerek toe hulle hoor dat dié twee rugbyhelde op die sideline begrafnisonder­nemers is.

Maar Ramone sê om met dooie mense te werk is sy passie.

Groei

“Toe ek jonger was, wou ek baie graag ’n patoloog geword het, maar my rugby het my daarvan terug­gehou.

“Toe ek nog ’n jong klong was, het ek ook gereeld op Saterdae saam met my ouma Maria Willemse begrafnisse bygewoon.

“En ek het altyd die lykbesorgers dopgehou.

“In 2018 het ons familie swak diens van ’n ondernemer ontvang en dit is toe ek en Damian besluit het om ons eie saak te open,” sê hy.

Hy vertel sedertdien het hulle net groei getoon.

Die lykhuis het sy eie balsem-afdeling, ruim stoorplek vir lyke en ’n toonkamer waar mense hulle doodkis kan uitkies.

Daar is ook ’n spesiale afdeling waar die familie hulle geliefdes vir oulaas kan kom groet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters