9 dae gelede
Laerskool skop klong uit Gr. 1
Vertrap: Melanie Hendricks voel die WKOD het haar kind se regte vertrap.  ~ Eldridge Jason

OM VIR die eerste keer skool toe te gaan is ’n memory wat jou altyd sal bybly.

Maar nie vir klein Danté Jansen van Devon Park in Eersterivier nie.

Nes enige opgewonde gr. 1-leerder is hy vanjaar op 15 Januarie vir die eerste keer skool toe.

Hy het die hele Desembervakansie lank oor die Laerskool Apex in Blue Downs gedroom en aanhoudend daaroor gebabbel.

Maar ná net ses dae van skoolgaan is klein Danté se education soos ’n vrot stuk vleis in sy gesig teruggegooi.

Matriek

Op sesjarige ouderdom is hy te jonk vir skool, het die hoof sy mammie, Melanie Hendricks, ingelig – al het Danté die vereiste gr. R voltooi en al het Apex hom amptelik aanvaar.

Die skool het boonop ’n foto gevat van hom waar hy soos ’n klein fool op die eerste skooldag by ’n cut-out staan wat aankondig hy is op pad om in 2031 in matriek te wees.

Melanie (31) se stem breek by tye as sy praat oor haar battles om antwoorde by die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) te kry oor die trauma wat haar kind nou moet deurmaak.

“Ek wag nou al weke op ’n kringbestuurder wat met antwoorde na my toe moet terugkom.

“Danté kan nie verstaan wat aangaan nie. Hy wil weet wat hy verkeerd gedoen het om uit die skool geskop te word.

“Ons het die bewyse en hy het sy toelatingsbrief gekry. Ons het sy skoolklere gekoop en sy skoolvervoer vir die maand vooruitbetaal. Net vir my kind om nou by die huis te sit.

“My kind is verneder. Daar is geen verskoning wat dit kan regmaak nie.

“Ek kan nie anders as om te dink dat ons kind uit die skool gegooi is om plek vir te maak vir ander kinders uit ander provinsies nie,” meen Melanie.

Werk

Volgens haar was Danté een van ag kinders by Apex wat na net ’n paar dae van skool die onderwys-deur gewys is.

Danté was in sy kort tydjie by die skool die een wat selfs ander klasmaatjies met hulle werk gehelp het.

“Een van die ouers­ kon weer haar kind in kry nadat sy die WKOD met regstappe gedreig het.

“Maar omdat ons nie ’n lawyer kan bekostig nie, beteken dit nou dis reg om maar op my kind se regte te trap?” wou Melanie weet.

Danté se derra, Alvin Hendricks (35), sê sy kind vat die rejection maar swaar.

“Dit is sad om Dante so hartseer te sien. Die mannetjie sit maar nou hier by die huis rond, terwyl hy in ’n skool moet wees.”

’n Onderwyswoordvoerder, Bronagh Hammond, sê hulle ondersoek tans die voorval en wag op terugvoer van die betrokke onderwys­distrikskantoor.

Die WKOD het ook nie ons vraag beantwoord oor hoeveel kinders in die Wes-Kaap steeds wag om in skole geplaas te word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters