16 dae gelede
Kleingoed smul danksy kosprogram
lunch: ’n Lekker ete lê voor.FOTO VERSKAF  ~ 

MEER as 1 miljoen etes is reeds opgedis as deel van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) se skoolvoedingsprogram.

Dis ’n besonderse mylpaal wat behaal en moontlik gemaak is deur personeel van die skole, bestuurspanne, vrywilligers en beamptes van die WKOD.

Die mense het die noodkrete van honger kinders gehoor.

Die National School Nutrition Programme (NSNP) is gewoonlik nie aan die werk in skoolvakansies nie, maar dit is ander tye dié.

Die WKOD sê in ’n verklaring hy kon nie die negatiewe impak van die lockdown ignoreer nie en die kinders is afhanklik van die kos.

Met ekstra geld van die provinsiale tesourie vir noodvoeding het die WKOD van 6 tot 10 April kos na kinders oral in die provinsie gevat.

Sedertdien is 1 222 082 kinders gevoed.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters