15 dae gelede
Kind (5) sterf ‘ná pa brand
Bongani MangalisoFoto’s: Melinda Stuurman  ~ 

BRANDENDE jaloesie. Dís vermoedelik wat ’n vyfjarige se lewe Donderdag tot ’n tragiese einde gebring het.

Klein Iminathi Kota het omstreeks 04:30 in ’n shack in Mfuleni verkool nadat haar pa, Luvuyo Kota, na bewering die plek aan die brand gesteek het met die gesin nog binne.

Bongani Mangaliso, ’n buurman, beweer Kota (in sy 50’s) was baie jaloers op sy vrou, wat sowat 20 jaar jonger as hy is.

Die derra en sy vrou, Nosandiso, is albei ook met ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem.

Hulle het ook intussen albei in die hospitaal aan hul brandwonde beswyk.

Mangaliso vertel: “Hy was altyd jaloers op sy vrou. As sy iemand gaan besoek, het hy een van die kinders gestuur om haar te gaan roep, al het sy met ander vroue gekuier.

“Ek het ook onlangs in ’n fight betrokke geraak met hom toe hy sy vrou met geweld by my huis kom haal het.

Jongste

“Hy het haar geruk en gepluk. Ek het stilgebly totdat hy my deur hard toegeslaan het. Dis tóé dat ek hom twee warme klappe gegee het.

“Daar’s nege kinders wat saam met hom en die vrou gebly het.

“Vier is die vrou se suster s’n. Die oudste is 22 jaar oud en die een wat nou oorlede is, was die jongste.”

Volgens Mangaliso het die meeste van die kinders daarin geslaag om uit te kom.

“Hy en die vrou en die jongste kind was nog in die huis gewees toe die vlamme te sterk begin word.

“Sy het nie die krag gehad om die deur oop te dwing nie. Hy het toe uitgehardloop, maar in die volgende straat inmekaargesak.”

Dendithini Tshothwana, nog ’n buurman, het gesê as Luvuyo oorleef het, sou die gemeenskap hom nie weer daar wou hê nie: “Ons is baie geskok en hartseer.

“So ’n mens kan nie saam met ander mense woon nie.”

Jer­maine Carelse, woordvoerder van die Stad se brand-en-reddingsdienste, het die voorval bevestig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters