7 dae gelede
Jy kan jou lyk laat verwater
Avbob doen deesdae verassings met water.  ~ American Science

RESOMERING, ook bekend as vlamlose verassing of aquamation, kry deesdae al hoe meer aftrek omdat dit 90% minder energie verbruik as ’n gewone verassing.

Die begrafnisdiens Avbob in Kaapstad beweer hy is die eerste op die kontinent wat dié diens aanbied.

Dit behels dat ’n lyk onder druk met behulp van kaliumhidroksied in warm water opgelos word, berig capetownetc.com.

Al wat oorbly, is ’n steriele vloeistof wat in die drein kan wegspoel, en die geraamte.

Die gebeente word tot ’n fyn poeier gemaal. Jy kan dit dan net soos as ook in ’n urn bewaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters