Verlede jaar
Juf wat klap, gou in hof
KWAAD: Die juffrou en meisie gluur mekaar aan. foto verskaf  ~ 

DIE onnie wat ’n gr. 8-leerder van die Hoër Meisieskool Sans Souci in Nuweland, Kaapstad, na bewering vroeg in Februarie geklap het, sal op 27 Februarie in die Wynberg-landdroshof tereg staan op ’n klag van aanranding, berig Netwerk24.

Die juffrou (34) en die tiener se ma het klagte van aanranding gelê nadat die kind die juffrou geshove het en die leerkrag haar in die gesig geklap het, berig News24.

Die onderwyseres se naam is bekend, maar word weerhou totdat sy hof geloop het.

Netwerk24 berig die juffrou se dissiplinêre verhoor sou op die hofdag (Woensdag) wees, maar dis waarskynlik verskuif.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters